Email a Friend Share

 ref # 746

print

R 1 290 000 (82 428 EUR*)

select a 2nd currency

mortgage calculator

4
3
3
± 85000 m2
± 300m2

Oulike 8½ hk. plasie, 40Km wes van Warmbad, op die Thabazimbi-pad.

2 Huise – Eerste het 2 slaapkamers met “en-suite” badkamers, kombuis en eetkamer. Al die kamers loop uit op ‘n veranda. Slaapkamers het ingeboude kaste en teelvloere, blindings voor vensters, suspensie plafonne, dakwaaiers en sekuriteitshekke. Badkamers met bad en stort. Voldoende elektriese muurproppe in alle kamers en veranda.
Kombuis is toegerus met 3 stowe - elektries, gas en kool, oregon kaste, 4 bord skottelgoedwasser, riet plafon en gaasdeur.
Tweede huis aangeheg tot eerste met aparte ingang. 2 Slaapkamers, een vol badkamer, toegeruste kombuis en groot leefarea. Eie veranda. Ingeboude kaste, suspensie plafonne en dakwaaiers. Slaapkamers met matvloere, badkamer en kombuis met teelvloere. Beide buitedeure het sekuriteitshekke. Twee geysers en een water drukpomp in gebruik .
Werkershuis: 20 m² eenheid, slaaplokaal met ingeboude dubbelbed, 2 ingeboude bedkassies, en ingeboude klerekas. Badkamer met stort, spoeltoilet en handewasbak. Kombuis met wasbak, donkiestoof, en staal rak. Teelvloere. Elektriseteit aangelê. 1000 liter watertenk op platform. Op veranda ‘n kos kookarea en wasgoed area.
Buite geboue: Garage met 3 deure, buitekamer met eie stoep, buite spoeltoilet. Garage en buitekamer toegerus met elektrisieteit.
Vrugtebome: 140 lemoen, naartjie en suurlemoen bome, 12 Mango-, 3 guava- en 3 advokadopeer bome. Almal met sprinkel besproeïng.
Watertoevoer: 2 boorgate met elektriese pompe, 1 x 1500 liter Jo-Jo watertenk en 2 x 1000liter watertenks. Tenks op platforms. Boorgat en waterpomp in sinkhuisie met toesluit fasiliteit.
Sekuriteitsdligte: 2 x Sekuriteitsligte in werking – op solarsel en elektriesiteit.

  • 4 Slaapkamers.
  • 3 badkamers, 2 en-suite.
  • 2 Kombuise.
  • 3 Garages.


Message Agent